facebook
^Back To Top

  • 1 Paasfees is ...
    Paasfees is die nuwejaars dag van die siel!
  • 2 Easter is meant...
    Easter is meant to be a symbol of hope, renewal and new life.
  • 3 Die Heer...
    Die Heer, die Heer het opgestaan. Die Heer het waarlik opgestaan
  • 4 Want so lief...
    Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die Ewige Lewe kan he. – Johannes 3:16
  • 5 You are loved ...
    You are loved more than you will ever know by someone who died to know you – Romans 5:8

Bakenskop

Kom net soos jy is!

Geloofsgroei

ALPHA Marriage Preparation Course

Wanneer mens op 'n lewensmaat moet besluit wil niemand 'n fout maak nie, en as jy ‘n verloofde paartjies vra hoekom hulle gaan trou, is die antwoord gewoonlik: “Ons is verlief”. Jou keuse van lewensmaat moet egter nooit op liefde gebaseer wees nie. Al klink dit dalk nie “korrek” nie, steek daar groot waarheid hierin. Liefde is nie 'n basis om te trou nie; liefde is eerder die resultaat van 'n goeie huwelik. Wanneer die res van die bestanddele reg is, sal die liefde vanself kom. Jy kan nie 'n lewenslange verhouding op liefde alleen bou nie – jy't baie meer as dit nodig!

Hierdie seminaar wil jou begelei met volgende temas:

  • God in die verhouding
  • Persoonlikheidsverskille
  • Kommunikasie
  • Seksualiteit
  • Finansies
  • Konflik

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor: 053 861 1842

 

Doopvoorbereidings Seminaar

Die voorbereiding vir ouers om die ryk betekenis van die doop te verstaan en te ervaar is vir ons as gemeente belangrik. Dit berei julle voor sodat julle die doop van jul kind met die nodige waardering en verantwoordelikheid kan tegemoet gaan. 

Julle kan ook reeds voor die baba se geboorte die doopvoorbereiding bywoon.

Voltooi die doopvorm en handig in by die kerkkantoor. Die kerkkantoor sal jou kontakvir 'n afspraak. Kliek hier vir die doopvorm.

Vir meer inligting kontak die kerkkantoor: 053 861 1842

 

Meditatiewe Uur

Wanneer: Dinsdae om 13:00 - 14:00

Plek: Konferensielokaal

Kom neem 'n breuk van jou daaglikse roetine en beleef God in die stilte!

 

Midweek

Wanneer: Woensdae om 09:30

Plek: Konferensielokaal

 

Gebedsuur

Wanneer: Saterdagoggende om 07:00

Plek: Konferensielokaal

Hierdie geleentheid is vir gemeentelede om saam te kom en te bid vir die gemeente en gemeentelike belange.

Vind ons hier

H/v Drakensderg & Rhodes

Carters Glen

Kimberley

Kontak Ons

Tel: 053 861 1842

Epos: skriba@bakenskop.co.za

Erediens Tye

Sondagoggend: 09:00

Jeugdienste: Hou ons webblad & Facebook dop