facebook
^Back To Top

  • 1 Paasfees is ...
    Paasfees is die nuwejaars dag van die siel!
  • 2 Easter is meant...
    Easter is meant to be a symbol of hope, renewal and new life.
  • 3 Die Heer...
    Die Heer, die Heer het opgestaan. Die Heer het waarlik opgestaan
  • 4 Want so lief...
    Want so lief het God die wereld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die Ewige Lewe kan he. – Johannes 3:16
  • 5 You are loved ...
    You are loved more than you will ever know by someone who died to know you – Romans 5:8

Bakenskop

Kom net soos jy is!

Dienste

Doop (Verbondsdoop)

Ons gemeente verwelkom jou kind in ons midde en wil saam sorg dra vir jou kind se geloofsgroei.

Elke eerste Sondag van die maand is ‘n Doopgeleentheid. Dit word spesiaal rondom die doop inrig.

Kontak die kerkkantoor vir die volgende:

  1. Kontroleer Doop datum
  2. Vul die doopvorm in en stuur terug na die kerkkantoor. Kliek hier vir doopvorm.
  3. Reël vir Dooptoerustingsgeleentheid en afspraak met ‘n dominee.
  4. Stuur elektroniese foto van u kind na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  5. Vir meer inligting rakende die doopseminaar skakel die kerkkantoor of kliek hier.

Belydenis Aflegging

Die openbare belydenis van jou geloof is ‘n belangrike mylpaal in enige persoon se lewe.

  • Skoolgaande jongmense neem deel van ‘n een jaar afrondings kursus.
  • Enige iemand naskool skakel in by ‘n begeleidende kursus onder leiding van ‘n dominee.

Kontak die kerkkantoor vir die volgende:

  1. Bevestig of jou doopbewys by die gemeente is.
  2. Vul asb die vorm vir Openbare belydenis in en stuur aan die kantoor. Kliek hier vir belydenisvorm.
  3. Die kerkkantoor sal met jou ‘n afspraak maak wanneer jy die begeleidingskommissie kan ontmoet.

Belydenis aflegging geskied elke laaste Sondag van 'n skool kwartaal.

Huwelike

Om u en u maat sinvol te begelei rondom die voorbereiding op u huweliksseremonie is dit belangrik om die volgende na te gaan:

Kontak die kerkkantoor vir die volgende:

  1. Bevestig die datum met die dominee wat die seremonie gaan doen. Dit is goed om dit ten minste vier maande voor die huweliksdatum te bevestig.
  2. Indien julle die gemeente sentrum gaan gebruik, moet dit so spoedig moontlik bespreek word by die kantoor.
  3. Vul die huweliksvorm in en stuur dit aan die kantoor. Kliek hier vir huweliksvorm.
  4. Tref ook die nodige reëlings by die kantoor met betrekking tot die koster, orrelis en fooie.
  5. Daar word verskeie huweliksvoorbereidings seminare deur die jaar aangebeid by die gemeente. Ons vra dat paartjies asseblief sal inskakel by een van die seminare. Die nodige inligting is by kerkkantoor beskikbaar of kliek hier.

 

Begrafnisse

Ons sal graag vir jou en jou naasbestaandes in die tyd van bystand wil wees. Die volgende punte kan van hulp wees om die begrafnisreëlings te tref.

  1. Stel dadelik die begrafnisonderneming van u keuse in kennis van die afsterwe van die persoon.
  2. Besluit op ‘n geskikte datum en tyd vir die begrafnisdiens/roudiens.
  3. Kontak die kerkkantoor:

                3.1   Bevestig die datum en tyd met die kantoor.

                3.2   Besluit watter predikant die diens moet waarneem.

                3.3   Bespreek die gemeentesentrum, koster en orrelis vir die diens.

                3.4   Dui aan of u ‘n tee drink geleentheid na die diens wil hê:

                        3.4.1  Lidmate van die gemeente ontvang die diens gratis

                        3.4.2  Nie lidmate moet egter self reëlings tref met die kerkkantoor

                3.5    Reël met die begrafnisonderneming indien u ‘n besigtiging voor die tyd verlang.

 

Versorging

Indien jy graag 'n gesprek wil voer met iemand of die behoefte het om net met iemand te gesels, kontak gerus vir Sandra per e-pos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.of op die landlyn by 053 861 1842. Sy kan vir jou 'n afspraak maak met een van die leraars.

Jy kan ook vir Sandra laat weet van enige nood, behoeftes of nuus wat jy graag onder ons aandag wil bring.

Indien jy nie met iemand wil gesels nie, maar wel net 'n epos wil stuur is jy welkom om 'n epos te stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

Nuwe Lidmate

Welkom by Bakenskop gemeente! Dit is vir ons belangrik dat u hier ‘n geestelike tuiste sal vind. Daarom sal ons graag saam met jou die pad op jou geloofsreis wil stap sodat jy ook God se medewerker hier kan wees.

Om in te skakel by ons geloofsfamilie, benodig ons die volgende inligting van jou (kontak asb die kerkkantoor so gou moontlik): 

  1. Vul die vorm in en stuur dit na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Kliek hier vir die lidmaatvorm.
  2. Die kerkkantoor sal jou kontak indien van jou inligting ontbreek.
  3. Jy sal ‘n sms ontvang om te bevestig indien jou lidmaatskap suksesvol aangeteken is.

 

Opdatering van Inligting

Om ons saam werk en saam leef in die gemeente gesond te bestuur is dit nodig dat u gereeld sal seker maak dat ons jou korrekte kontak inligting het.

Indien enige persoonlike inligting van u verander bv. nuwe woonadres, nuwe selfoon- of telefoonnommer of ‘n nuwe epos adres is dit belangrik om dit by die kerkkantoor aan te meld.

Stuur daarom asseblief ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of kontak die kantoor by 053 861 1842 met u nuwe inligting.

H/v Drakensderg & Rhodes

Carters Glen

Kimberley

Kontak Ons

Tel: 053 861 1842

Epos: skriba@bakenskop.co.za

Erediens Tye

Sondagoggend: 09:00

Jeugdienste: Hou ons webblad & Facebook dop